Laas naweek was ons eerste troue vir die nuwe seisoen na die winter, en heel toevallig was dit by dieselfde lokaal as waarmee ons laasjaar afgeskop het. Soos baie van julle weet, Anderland (so ‘n klipgooi van Potchefstroom af) is sekerlik een van ons mees gunsteling plekke om troues af te neem.
Nuus is dat Cindy swanger is met ons eerste kleintjie (ons plan is om nie uit te vind of dit ‘n seun of dogter is nie), en behalwe vir ‘n behoorlike dosis “oggend mislikheid” (ons nuwe gunsteling Afrikaanse woord) gaan alles goed. Dit beteken ook dat ek die res van die seisoen sonder haar sal moet klaarkom as my assistent. In haar plek dié naweek was my goeie vriend Tim. ‘n Hele paar van sy fotos het hierdie week se blog gehaal, en om die minste te sé is ek baie gelukkig met bystand en dit is ‘n eer om hom saam met my by ‘n troue te hé.
‘n Paar fynere punte oor die troue sal deug:
* Neil, van Anderland faam het my laat weet hulle kos word deur Silverspoon verskaf (ek kan dalk verkeerd onthou, want ek sien niks met kos te doen op die web nie). Behalwe dat die naam Silverspoon my elke keer aan Jim Morrison se “an American prayer” laat dink, maak die groep fantastiese kos. Ek word elke keer smaaklik verras as ek daar is. Ek weet nie of hulle ekslusief vir Anderland bedien nie, maar soek hulle maar in elk geval op vir jou volgende funksie.
* Linell se elegante rok deur Cosmobella
* Orkes: ittakesfour.co.za … ook uitstekend gewees, en Tim het iets genoem dat hy ‘n CD van hulle wil kry. Die goeie nuus blyk ook te wees dat dié vier manne nie skroom om die land vol te reis om hulle musiek te maak nie, so gee hulle ook maar ‘n luitjie.
Op ‘n ander noot net voor die fotos gelaai word. Ek was hoogs beindruk met Linell se gemaklikheid met haar talente. Sy sing in ‘n koor, en sou sommer spontaan saam met haar mede lede inval in melodie. Om dit op jou troudag te doen spreek van ‘n gemak met wie jy is, en hope vol self vertroue. Wel gedaan Linell, die trane wat geloop het is ‘n bewys van julle hart roerende vertoning.























My ma sé mos elke jaar, “HIERIE jaar gaan ons almal gewig verloor en slank en lank vertoon”…. mmh, natuurlik.
Meer waarskynlik is die feit dat daar HIERIE jaar baie meer op hierdie webtuiste gaan gebeur. Natuurlik hoef ek net een nuwe artikel te plaas om te verbeter op laas jaar, so om af te skop en seker te maak ek kom my belofte na, sal ek ‘n paar kiekies van Christiaan en René se troue vertoon.
Christiaan en René het hulle liefde voor God en mens bevestig by die Moon & Sixpence, en watter wonderlike prentjie het hulle nie vertoon van hulle liefde beide vir mekaar en vir hulle God nie. Ons het hulle leer ken nadat hulle ons bespreek het, maar eintlik was hulle al lankal deel van ons familie as mede-gelowiges, en boonop is hulle kerk familie ook. Dit was voorwaar ‘n vreugde om hulle dag saam met hulle te deel, nie net as fotograwe nie, maar ook as vriende.

Vir meer foto’s van Ben Viljoen Fotografie, besoek gerus ons broer tuiste by www.benviljoenphotography.co.za/blog . Tot later dan, .ben
Die einde van die jaar is al weer op ons, en hier by ons werk ons hard om sake op te ruim voor ons toe maak op 20/12/2009. Besigheid sal weer voortgaan op 04/01/2010.
Elzette en Ben. Ben…behalwe nou vir my Pa, wie in elk geval eintlik Barend Johannes is, dink ek dis die eerste keer wat ek met n ander Ben te doen het. Dit is die vreemdste ding op aarde om die foon op te tel en te se, “Hallo dis Ben wat praat”, “Hi Ben, dis Ben hier hoe gaan dit?”, O hi Ben dit gaan lekker…”
Elzette en Ben is my laaste kliente vir die jaar, dit is nou buiten ons troue in Mauritius, maar verskoon ons maar as ons dit sien as vakansie meer as werk, en ons is gelukkig om Elzette-hulle 2 keer in een week af te neem, want hulle rock nogal. Binne 5 dae sien ons hulle weer, en die keer voor die kansel.
Gister oggend se portret sessie het ook sommer in n verlowings sessie ontaard, en die randse lughawe het glad nie teleurgestel nie. Daar is BAIE geleentheid om allerhande tipe fotos te neem met verskeie style en hoeke wat net le en wag om benut te word. As jy n fotograaf is en verkies fotos wat nie groen gras en blommetjies insluit nie, gaan kyk gerus.
Kom terug in n week vir rondte 2, maar hier is n uittreksel van gister se sessie.

en dan kan ek dalk oorboord gaan met die editing.
